Keanu
Keanu

Ampie - Keanu Lyrics

Jun 20, 2021
8
Keanu Music Video

Keanu Lyrics

Ek gaan jou als van jou oupa vertel
Al is hy weg voor my oë, hy was ń rots van ń Pêl
Hy sal altyd leef binne en vir altyd leef binne jou

Doen wat jy lief het, vergeet van die geld
Wees goed vir mense, wees ń sprokiesboek held
Help ń tannie oor die straat as niemand Vir Jou kyk
En doen dit want jy wil
Nie om ander te verlei

Keanu my Seun, ek Kan nie glo jy het my hart gewen
Altyd en ewig in my bors ingepen
ń Liefde wat ek nooit hoef te vrees
Wees lief Vir Jou ma, Kyk op na jou suster en huil soos ń man
Wanneer jy so voel daar is niks om te vrees nie
Om weer te probeer en ń lig Vir jou vriende te wees

Wees ń man van kuns, speel kitaar om ń vuur
Hê ń oog vir ń kunswerk en ń vleuelklavier
Wees een met die geestelike wêreld en bid
Ek wil jou nie voorskryf nie
Maar lees ń Koos gedig

Speel saggies met Shady, ń hond is jou vriend
Raak ń Boer se hart, lag soveel uit jou pens
Wees ń bok vir sport, want die lewe is kort
Meer as wat jy nou dink
Jy sal nog ouer word

Keanu my Seun, ek Kan nie glo jy het my hart gewen
Altyd en ewig in my bors ingepen
ń Liefde wat ek nooit hoef te vrees
Wees lief Vir Jou ma, Kyk op na jou suster en huil soos ń man
Wanneer jy so voel daar is niks om te vrees nie
Om weer te probeer en ń lig Vir jou vriende te wees

En kry vir jou ń vrou, wat werklik van jou hou
Nie oor wat jy besit nie
Jy kan haar maar Trou

Writer(s): Ampie du Preez
Copyright(s): Lyrics © DistroKid
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Post your Interpretation

Attach an image to this thought

Drag image here or click to upload image

The Meaning of Keanu

Be the first!

Post your thoughts on the meaning of "Keanu".

Lyrics Discussions
Hot Songs

1

8
by SZA

1

59
by Hotel Ugly

1

89
Recent Blog Posts