Regstreeks: Die dinkmasjien
Regstreeks: Die dinkmasjien

Bittereinder, Toast Coetzer, Mavis Vermaak, Andries Bezuidenhout, Ilze Ontong, Hunter Kennedy, M.j. Du Preez, Tom Gouws - Regstreeks: Die dinkmasjien Lyrics

1
Regstreeks: Die dinkmasjien Music Video

Regstreeks: Die dinkmasjien Lyrics

Hierdie is 'n klein nota nou, kom regstreeks uit die voël se kou
Meng jy sterlig met jou skaad, swem jy saans saam jou haat
Uit jou oog en jou hart en jou mond, kom jou ma en jou pa en jou broer se kind
Wyd oor die aarde saai jou smart in die donkerland swem jou sein

Regstreeks oor die wegmaak van die mure, die grafte, die gragte tussen ons
Graag pleister ons die toekoms heel, regstreeks oor die regmaak van
Die man met die plan in die Ponte-toring, die vrou wat wou in die fyn van haar mou
Lig julle koppe hou op met skrou, hoop op die paaie, hoop op die water, hoop

Staan op
Staan op
Gaan gym
Was jou, eet

Werk toe, kyk goed, Facebook, werk 'n bietjie, eet, kyk goed, Facebook
Werk 'n bietjie, goed, dis huistoe gaan tyd en dit hangaf waar jy bly
Hoe lank dit sal jou vat voor jy weer kan
Eet en goed kyk en Facebook en slaap, herhaal

Herhaal

In 'n oogwink as jy mooi dink, spook die beelde by jou
Haar kontoere vorm vloere, waar jou brein herkou
Sou jy terugstaan by 'n ligpaal en die waarheid sien
Mag jy wonder oor die inhoud wat jy jouself mee bedien

Sien 'n prentjie van die mensies om 'n vuurtjie sit
Hul vertel stories van legendes, vandag noem ons dit bid
So 'n beeld vorm norms waar refleksie sou lê
Waardes en waarheid in gebare wat wyse manne sou sê

Is there disgrace in the foe of the power of one
Dancing to freedom was exchanged with core battles of tongue
Mr President is a synonym for the blaming game
Bouncing ignorance, feed the system with more hunger pains

Truth is lacking yet we're stacking in front of television sets
Maar change die channel want ek kyknet sodat ek saam kan klets
Onthou jy die Kringe in 'n Bos, waar vuur die middelpunt was
Boek met bladsy, staan opsy, boks met beeld draai mens in haar as

Jy sal nooit weer hoef te baklei
Oor 'n remote of skaam te kry of trots te wees oor jou vyf voorname
Wat in die baarde van jou swart en wit stamvaders
Jou deur bloed en babadoop benader, genade, ons is vasgenael aan die kassie
Soos spykers in 'n kruis, elke huis het mos een

Ons passie word uitgesuig of verdrink soos die dopsisteem
Stilletjies opgeneem maar luidkeels word ons wydsbeen-wielie-walie-wawiele viral
Daar wapper 'n vierkleur irriterend op die skerm soos 'n vlam
O nee, dis tandepasta wat als kan doen in een, mam

Maar meeste van die volk besit dan skaars een tand
Sit jou vaderlandromanse eers eenkant, bewegings sonder weerstand
Ons blink in die dof-lig en dink oor die redes hoekom ons pa's in die hof sit
As ons deur die vrot en trots sif verander ons vonnis na belofte

Ag ekskuus meneer, ag teken my petisie
Ekskuus meneer, het u dalk tyd vir 'n revolusie
Ek ly aan 'n illusie oor my mede mense evolusie
Want ek het my eie visie maar ek's besig om my te vervies hier

Ekskuus meneer, dink u nie ook dis sies hier
Liewe Meneer, al wat ek na drang is 'n bietjie rusie
Ek kan rêrig nie glo dat u nie my kant wil kies nie
Al wat ek rêrig kort is 'n klein bietjie publisie

Tyd om te go, genoeg ou, ek's moeg nou
Ek verstaan jy wroeg gou, maar jou ou vlag vlieg flou, ekskuus bro
Dude, wees verseker, as jy nie die regering vertrou
Wil jy hulle verseker nie met die doodstraf aanskou

Uh, maar meneer

Hou op met al julle komberse, hou op met al julle brood
Minder mense, minder gaan dan dood
Wees die verskil wat jy in die samelewing wil sien
So hang jouself as jy weet dis wat jy verdien

Die Grootrivier is elders groot
Hier's dit bloot ʼn sloot met gal wat skrik tot slik en dan
Winterkoud die grond in syg

Iewers brand boeke in ʼn biblioteek
Rook wat eenbeen regop staan
Dan deur wind geamputeer en wegbloei uit my truspieëlraam

Iemand soebat in Frans en Lingala, maar ʼn buiteband word aangesteek
Koppe is die doppe van die omelette wat moet breek om die storie te wreek

Hou die landskap wat na agter verdwyn vir net nog ʼn ruk in kwarantyn
Dit het meer as winter onderlede en is siek, siek, siek, siek, siek, siek

Vergeet, vergeet van 'n revolusie
Op Facebook, Twitter of jou televisie
Die revolusie krap in asblikke
Die revolusie vra twee rand, die revolusie wil jou venster was

Dit is vuil en dit snuffel langs snelweë
Dis alleen en dis swanger op twaalf
Die revolusie stort ineen op die golfbaan
Dit hou jou kos warm en dit wag

Vergeet, vergeet van die revolusie
Op Facebook, Twitter of jou televisie

Dit brand soos 'n droom, oneindig, onblusbaar, dis ewig soos alles, dit reis deur die lug
Dis die sopkombuis van die kosmos, dis die diepste sug wat daar is

Die fusie van rewolusie smelt tradisie en illusie
Woorde word ons ammunisie
Kartetse van seer presisie

My tongsambok blitsklits die taal, gee die teken vir die vuurverhaal
Rewolusie dwing die hek oop

Slaan rymend vensters met 'n vuis
Op asem se kragveldkontoere, dreunsing boer, pandoer en hoer

Die fusie van rewolusie staan op my pa se stoep en roep
Maak oop jou hart
Maak oop jou deur, laat my binnekom, laat my bly

Writer(s): LOUIS MINNAAR, JACO VAN DER MERWE, PEACH VAN PLETZEN
Copyright(s): Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Post your Interpretation

Attach an image to this thought

Drag image here or click to upload image

The Meaning of Regstreeks: Die dinkmasjien

Be the first!

Post your thoughts on the meaning of "Regstreeks: Die dinkmasjien".

Latest Blog Posts
Lyrics Discussions
by Nipsey Hussle, Bino Rideaux

1

36
Hot Songs
by Rich Amiri

1

57
Recent Blog Posts