Tussen Stasies
Tussen Stasies

Jack Parow ft. Die Heuwels Fantasties - Tussen Stasies Lyrics

1
Tussen Stasies Music Video

Tussen Stasies Lyrics

Ek het al baie goed verloor en dit nooit ooit weer gevind nie
Ek het al baie vir my ma gesê ek is nie meer 'n kind nie
Die lewe is te hard en ek verstaan meer die punt nie
Ek staan langs 'n groot oop hout maar ek het nie meer 'n flint nie

Ek kry koud op my eie ek soek net 'n klein bietjie warmte
Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste
Sommige dae voel dit as of ek dood gaan van die hongerte
Daar is 'n leë kol in my maag waar ek weg kruip in die donkerte

Ek's gebreek van binne soos my al my speelgoed van toe ek klein was
As ek vandag weg stap sal al my goed pas in 'n klein tas
Ek soek net 'n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas
Maar die soldate op die muur bombadeer my met die traangas

Ek lê onder 'n lappies kombers en probeer nog blokkies aanlas
Maar daar's 'n kwaai oom langs my bed en hy sê vir my staan vas
So ek trek die kombers oor my kop en lê oop voete
En stap die lang pad in my pa se groot skoene

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
Daar's net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar's net stilte wat ek hoor, hou my hand styf vas langs jou sy
Is jy nog lief vir my, sal jy my by die Hemelpoorte kry

Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan regtig joune wees nie
Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
Want daar is altyd een verloorder in Russian Roulette
Ek moet uitgaan ek moet werk maar ek sit vas in die bed

Ek stap rond en soek sitplek in leë geboue
Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
Ek sit en skryf gedigte, maar word my gedigte digkuns
En ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussings

Ek lê vir ure in die bad met my kop onder die water
Ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later
Ek moet wag, nee aanbeweeg ontslae raak van my gevoellens so ek stap
Ek raak leeg groot aksies sonder by bedoelings

Ek sit alleen op een punt van die wipplank
Ek bid alweer vir een sitvlak maar ek sit lank
En ek wag vir iemand om op te spring aan die eenkant
Maar die vingers van my gevoelens krap diep in my verstand

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
Daar's net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar's net stilte wat ek hoor, hou my hand styf vas langs jou sy

Ek het al vêr gewen en baie vêr verloor, ek het al baie gevoel of die lewe my versmoor
Ek het al baie gesit op die bokant van 'n berg, ek het al baie gesit in die voorkant van die kerk

Om my terug na die langkloof en my ouma se plaas
Ek wil saam my suster die skape in die kraal injaag
Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
Ek wil rond hardloop deur die gras tot ek lam word in die kniëe

Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
Die hartseer is verby
Op die ou end is al wat ek wil hoor rol oor jou tong
Jy wil by my bly

Sal jy my by die Hemelpoorte kry

Writer(s): FRED DEN HARTOG, PIERRE GREEFF, ZANDER TYLER, Fred Den Hartog
Copyright(s): Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC, O/B/O CAPASSO
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Post your Interpretation

Attach an image to this thought

Drag image here or click to upload image

The Meaning of Tussen Stasies

Be the first!

Post your thoughts on the meaning of "Tussen Stasies".

Latest Blog Posts
Lyrics Discussions
by Jackson Dean

1

130
by Movements

1

270
Hot Songs
by Hotel Ugly

1

89

1

515
Recent Blog Posts