Hier's Vandag
Hier's Vandag

Systraat Serenade - Hier's Vandag Lyrics

1
Hier's Vandag Music Video

Hier's Vandag Lyrics

In ligte laaie staan ons nou nog 'n waardevolle les
In die leerskool van verhoudings doen ons almal maar ons bes
My beste voet is voorgesit al my kaarte is gespeel
En ellelange verduidelikings gaan ons eintlik net verveel

Deur dik en dun was ons beseël ons planne duid'lik uitgestip
In die plakboek van ons saamwees spring jy eerste van die skip
Die rotse het gegrynslag en die onraad was gemerk
Eis van jou my oortyd want hierdie voel soos werk

Hier's vandag ek soek jou naam
Vat jou lewe terug en ons sal sien hoe 'n beter lewe lyk
Dalk kan ons dan die mure breek
En die liefde soek wat hulle preek

Wipplank-ry emosies kies 'n masker in jou kas
Na elke onderonsie is ons net verder as wat ons was
Metaalverklikker windverwaai jou hande gee jou weg
En ingebore instikte eintlik was ek reg

Hier's vandag ek soek jou naam
Vat jou lewe terug en ons sal sien hoe 'n beter lewe lyk
Dalk kan ons dan die mure breek
En die liefde soek wat hulle preek

Ek wil jou nooit ooit weer so sien nie
Ek wil jou nooit ooit weer so sien nie
Die dinge wat ons in dra is ook die dinge wat ons bind

Vat jou lewe terug en ons sal sien hoe 'n beter lewe lyk
Dalk kan ons dan die mure breek
En die liefde soek wat hulle preek

Vat jou lewe terug en ons sal sien hoe 'n beter lewe lyk
Dalk kan ons dan die mure breek
En die liefde soek wat hulle preek

Writer(s): Systraat Serenade
Copyright(s): Lyrics © DistroKid
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Post your Interpretation

Attach an image to this thought

Drag image here or click to upload image

The Meaning of Hier's Vandag

Be the first!

Post your thoughts on the meaning of "Hier's Vandag".

Lyrics Discussions
by 4batz

1

11
by Nicky Youre, dazy

1

11
Hot Songs

2

2K

5

2K
Recent Blog Posts